top of page
CD 3 cover Die Hart van 'n Leeu (s).jpg
CD Cover - I won't give up.jpg
CD 5 cover Sentimental(klein).jpg

Lion Jay

Tot in 2021 het die Suid-Afrikaanse gehoor nie geweet

van Lion Jay nie.

Gebore en getoë in Vereeniging, het hierdie eks Polisie-offisier van 17 jaar op die ouderdom van 51 besluit om sy passie vir musiek uit te leef.

Nou in die verf bedryf vir 18 jaar sing hy deeltyds en maak bietjie vir bietjie indruk in die musiek Wêreld.

 

Hy het egter die mark soos ‘n storm geslaan en na 2 albums van bekende musiek het hy laat in 2021 sy debuut eie enkel snit op ons ore laat val.

 

Hierdie Engelse lied “Dance Forever” het gou in harte ingeklim en vinnig nie minder as 8 Top 10 lyste gemaak en selfs posisie no 1 beklee vir verskeie weke.

In Feb 2022 het hy sy 3de album met net eie liedjies Vrygestel. Op die album is 10 snitte en behalwe vir 2 deur Dennis East geskryf, het al die ander snitte uit sy pen gevloei.

Lion Jay wou wys dat hy nie in ‘n genre gepen wil word nie en so, iets van alles gemaak op die album. Sy musiek bevat van country tot Afrikaanse musiek ten genot van sy aanhangers. Hy het self ‘n biker rock song ingesluit om die ballades te vergesel.

In Aug 2022 bring hy sy Country Album getiteld “Country Way” uit. Gemeng met sy eie oorspronklike liedjies en ander bekende country liedjies het hy spore begin stap in die country genre.

 

Onlangs het hy sy 5de album vrygestel by name “Sentimental”. Dit is ‘n album met liefdes en geestelike liedjie wat goed saamgaan met die maand van liefde se tema.

In 2022 verwerf Lion Jay twee toekennings by Melomaan vir Beste Engelse song en Nuweling van die jaar. Hy kry ook by SA Country Music Awards die SACMAF nuweling van die jaar en Manlike Kunstenaar van die jaar.

Hy is in2023 genomineer vir Nuweling song en Nuweling van die jaar by Afri-Indie Toekennings.

Lion Jay het ‘n passie vir musiek en will dit uitleef en sy talente deel. Met sy eie aanslag wat uniek en vars is.

Leon Country CD Cover (Small).jpg
CD 2 cover Listen, sing & dance Final (s).jpg
bottom of page