top of page
Jou eie digitale stroomdiens in en vir Afrikaans.

Die handelsnaam is afgelei van Netwerk Afrikaans en bied nuwe, vars en eksklusiewe kykgenot vir die hele gesin teen slegs R49p/m subskripsie.
 

Daar word voortdurend nuwe vermaak vervaardig vir jou kykgenot. 

Doen dit vir maklike toegang
00:21
Kliek die foto om na die reeks te kyk

"Kuns Musiek en Avontuur" is 'n boeiende en meesleurende televisiereeks wat kykers op 'n opwindende reis deur die ryk kulturele tapisserie van die Mpumalanga-streek in Suid-Afrika neem. Die reeks word aangebied deur die talentvolle en passievolle aanbieder, Elaine Arts, en verken die harmonieuse samesmelting van musiek, kuns en avontuur in hierdie betowerende landskap.

"Boer se Plan"
Met meedoënlose uitdagings van moderne landbou,  konfronteer die Boer teëspoed met innovasie, vasberadenheid en 'n onbreekbare gees.

Boer-se-plan-universal-poster.png

HoekToe is n aktuele komiese hengel geselsprogram met visvang verwante stories en staaltjies, asook interessante geselsies oor die omgewing, die dorp en sy mense. Kom reis saam met Pieter Rischmuller, maak n lyntjie nat, lag n slag, en kuier saam.

Die Afrikaanse sanger, Daniel Hoffmann, gesels met alledaagse Ouma’s oor die dae van ouds, boererate en allerhande ouvroustories. Die kookreeks het 'n voelgoed en nostalgiese atmosfeer.

Kom ontdek 'n nuwe liefde vir die kuns en vakmanskap van gewere en die toestelle wat hulle verbeter.  Aangebied deur Marius Barnard 

Tot die Punt aangebied deur TikTok bekende Marilize Lloyd gesels oor teer kwessies in ons samelewing. 

Tot-die-punt-reeks-poster.png

Die singende sjef, Kevin Leo, kom vermaak met sing en smaak in dié opwindende kookprogram. Kom leer kook tegnieke aan en geniet die soet sappige Kevin Leo op sy beste. Met vriende en bekende gaste as 'n nagereg, kan ‘n mens dit nie misloop nie.

'n tong-in-die-kies reeks, gesels die DJ Ossewa alumni, Piet Pompies, met bekende sangers oor die snaakste goed.

Die bestuur hoof van die Afri-indie toekennings Rea le Roux kuier saam die land se top onafhanklike kunstenaars, mode ontwerpers en akteurs. Om te hoor hoe hulle die pad na sukses betree het.

In dié Engelse reeks, besoek die internasionaal bekende country-sanger, Jason Bradley, die country-legendes van gister, terwyl hy Suid-Afrika voorstel aan die kunstenaars wat dié legendes se skoene probeer volstaan.

Wat gebeur wanneer vier dames met mekaar meeding om 'n rofstoeiloopbaan? En dít almal onder een dak? Trek toe die gordyne, want die Katte is koorsig!

Riëtte Strydom van Oja Farms wys aan ons kykers die genot wat 'n sojaboon kan bring met Pionierswerk in sojaboon-tegnologie.

Die diep stem van Johan Allers sal jou wegvoer met sy storie vertel vermoë. Johan lees van verskeie skrywers se werke in leesbeeld.

"Ek het geleer om maklik tussen grense, mense en klasse te beweeg. Ek het my net so tuis in die woonkamers van die sosiale en politieke elite gevoel as in die agterkamers van die hoere van Duitsland....."

Droom troue waar 'n paartjie se droom 'n realiteit word. Volg die span van Be your dream Productions om te kyk hoe hulle paartjies se drome waar maak.

Die reeks wat Anaïs se swangerskap en haar reis as 'n nuwe ma volg. Die TV-program is gemik op toekomstige mammas om hulle voor te berei vir die pad vorentoe. Die program poog ook om 'n paar werklike moeilike onderwerpe soos onvrugbaarheid en aanneming te bespreek .

Die voormalige springbokspeler, Werner "Smiley" Swanepoel, gesels met bekende sportsterre op verskillende gebiede oor hulle lewens en loopbane.

bottom of page