top of page
Ysterperdtert.jpg

Binnekort te sien, eksklusief op NET Afrikaans

Nuwe reeks op NET Afrikaans

Ons Groei Saam

'n nuwe TV-program genaamd Ons Groei Saam word op NET Afrikaans.  Die reeks wat Anaïs se swangerskap en haar reis as 'n nuwe ma volg. Die TV-program is gemik op toekomstige mammas om hulle voor te berei vir die pad vorentoe. Die program poog ook om 'n paar werklike moeilike onderwerpe soos onvrugbaarheid en aanneming te bespreek .

Nuwe reeks op NET Afrikaans

Kaalkop-Reeks-poster.png

               JOHAN ALLERS


Ek het geleer om maklik tussen grense, mense en klasse te beweeg. Ek het my net so tuis in die woonkamers van die sosiale en politieke elite gevoel as in die agterkamers van die hoere van Duitsland. Ek het ook geleer dat jy die hoere beter kan vertrou en dat jy meer kon staat maak
op die armes en die onderdruktes van die wêreld. Dat klein mensies minder lieg as die grotes. Dat skyn en bedrog die kapitaal van die heersende klasse is.
Nie altyd nie, maar meestal.  Jy raak maklik verdwaald in die skaduwees van belangrike mense. Jy kan
maklik die eienskappe aanneem van diegene in wie se lig jy skyn. Maar meestal weet jy dat jy in 'n wêreld van voorgee leef, want hulle is daar en jy is hier. Jy is bloot die middelman. Die dirigent wat hul glans verseker, wat hulle laat sing. Dit is die klein mensies wat jou laat huil.

bottom of page