
Mariëtte Pretorius is 'n vars bries in die Afrikaanse musiekwêreld. Sy is oorspronklik van Bergville in KwaZulu-Natal en op 23-jarige ouderdom het sy reeds 'n merkwaardige indruk gemaak met haar passievolle stem en unieke styl.
Sy sing al van kleins tyd af en het haar loopbaan amptelik afskop met die vrystelling van haar eerste enkelsnit, "Wees Wie Jy Is", in 2025.
Sedertdien het sy haar musiek vinnig uitgebrei met treffers wat beide emosie en humor vasvang. Haar gewilde snit "Oo Skoonma, Jy's 'n Tannie Tornado", wat in Augustus 2025 vrygestel is, het vinnig 'n gunsteling geword op die Bikerhart TOP 10 waar sy eerste plek vyf keer in ‘n ry verower het.
Oo Skoonma, Jy's 'n Tannie Tornado is ‘n tong in die kies liedjie wat vertel van die lief en leed as dit by jou skoonma kom.
In April 2026 het sy haar veelsydigheid verder bewys met die vrystelling van "Breek Deur Die Ys".
Beide “Oo Skoonma, Jy’s ‘n Tannie Tornado en Breek Deur Die Ys, pronk met ‘n musiekvideo wat met trots deur Angel Music Studio vervaardig is.
Met haar natuurlike charisma en die vermoë om stories deur haar musiek te vertel, vestig Mariëtte haarself as 'n opkomende ster wat nie bang is om haar ware self vir haar gehoor te wys nie.
Musiek Vrystellings










