
Jou eie digitale stroomdiens in en vir Afrikaans.
Die handelsnaam is afgelei van Netwerk Afrikaans en bied nuwe, vars en eksklusiewe kykgenot vir die hele gesin teen slegs R49p/m subskripsie.
Daar word voortdurend nuwe vermaak vervaardig vir jou kykgenot.
Kliek die foto om na die reeks te kyk
"Kuns Musiek en Avontuur" is 'n boeiende en meesleurende televisiereeks wat kykers op 'n opwindende reis deur die ryk kulturele tapisserie van die Mpumalanga-streek in Suid-Afrika neem. Die reeks word aangebied deur die talentvolle en passievolle aanbieder, Elaine Arts, en verken die harmonieuse samesmelting van musiek, kuns en avontuur in hierdie betowerende landskap.
"Boer se Plan"
Met meedoënlose uitdagings van moderne landbou, konfronteer die Boer teëspoed met innovasie, vasberadenheid en 'n onbreekbare gees.
HoekToe is n aktuele komiese hengel geselsprogram met visvang verwante stories en staaltjies, asook interessante geselsies oor die omgewing, die dorp en sy mense. Kom reis saam met Pieter Rischmuller, maak n lyntjie nat, lag n slag, en kuier saam.
Die Afrikaanse sanger, Daniel Hoffmann, gesels met alledaagse Ouma’s oor die dae van ouds, boererate en allerhande ouvroustories. Die kookreeks het 'n voelgoed en nostalgiese atmosfeer.
Kom ontdek 'n nuwe liefde vir die kuns en vakmanskap van gewere en die toestelle wat hulle verbeter. Aangebied deur Marius Barnard
Tot die Punt aangebied deur TikTok bekende Marilize Lloyd gesels oor teer kwessies in ons samelewing.
Die singende sjef, Kevin Leo, kom vermaak met sing en smaak in dié opwindende kookprogram. Kom leer kook tegnieke aan en geniet die soet sappige Kevin Leo op sy beste. Met vriende en bekende gaste as 'n nagereg, kan ‘n mens dit nie misloop nie.